Bosveld Laerskool Staal Dam

IMG_4685

Bosveld Laerskool Staal Dam

Hierdie reservoir is op 8 Julie 2020 by Bosveld Laerskool in Lephalale, Limpopo Provinsie, opgerig. Die omstandighede rondom hierdie spesifieke reservoir was taamlik sensitief omdat dit plaasgevind het gedurende die Grendeltydperk se Vlak 3, soos geïmplementeer deur die regering. Die skole het ook pas vir leerders heropen, wat voetverkeer by die skool drasties vermeerder het. Ons hoof prioriteit was dus om die blootstelling van ons installasie-span te beperk, asook dié van ander lede van die publiek wat in die omgewing. Dit was dus ‘n tyd-sensitiewe oprigting vir ons span.

Om die oprigting vlot te laat verloop, was die nakoming van COVID-19 protokolle en regulasies nodig, sodat ons kontak met ander individue tot die minimum wou beperk. Ons het daarin geslaag om die installasie van hierdie 6.1m x 3.7m reservoir te voltooi, met ‘n staal koepeldak en ‘n voedsel-gehalte voering, met slegs drie van ons eie personeellede. Ons span het hulle ongelooflik goed van hul taak gekwyt en die tenk binne twee dae voltooi.

Nadat die kliënt die fondasie klaar gegiet en voltooi het, het die span teruggekeer om die tenk netjies af te rond en ‘n vlak aanwyser is geïnstalleer om maklik die watervlak dop te kan hou. Dit was vir ons belangrik dat die reservoir sag op die oog is omdat die dam sigbaar is vanaf die straat en dit vorm ‘n deel van ‘n gemeenskaplike area. Ons is trots op ons professionaliteit in ons doel om te verseker dat ons reservoir nie ‘n oog seer op u eiendom is nie.

Die dak, wat ontwerp is om winde van 144km/h te kan weerstaan, tesame met die voedsel-gehalte voering, hou die water skoon van alge en ander afval, en hou dit dus veilig vir menslike gebruik. Dit was ‘n noodsaaklikheid vir hierdie projek, aangesien die kliënt van plan is om die water te gebruik om die terrein en sportvelde te besproei, en ook om drinkwater tydens sportbyeenkomste te voorsien.

DEEL HIERDIE ARTIKEL

Facebook
Twitter
LinkedIn
Pinterest
Reddit
WhatsApp
Email
Print

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

ENIGE VRAE? SKAKEL ONS OP  +27 (0)82 210 0999